WISKUNDE
(Graad 4–7)
Oefen. Verstaan. Wees voorbereid.
Brainy Wiskunde bied leerders gestruktureerde voorbereiding vir kwartaaltoetse en eksamens, met drie volledige oefenvraestelle per kwartaal.
Vraestel A, B en C
Drie verskillende vraestelle gee leerders genoeg geleentheid om hul kennis toe te pas en meer selfvertroue met assesserings te ontwikkel.
Aflaaibaar en uitdrukbaar
Die vraestelle en memorandums kan afgelaai en uitgedruk word sodat leerders die vraestelle fisies kan voltooi.
Stap-vir-stap video-memorandums
Elke vraag word in ’n video verduidelik, sodat leerders kan sien hoe om die korrekte antwoord stap vir stap te bereik. Die video-memorandums is slegs aanlyn beskikbaar en vereis registrasie.
Volgens KABV (CAPS) saamgestel
Vraestelle word volgens KABV (CAPS) en die toepaslike kurrikulumvereistes opgestel. By die samestelling van elke vraestel word die voorgeskrewe inhoud vir elke kwartaal, die korrekte gewigsverdeling van die verskillende Wiskunde-inhoudsareas, die vereiste kognitiewe vlakke, tydsduur en puntetoekenning in ag geneem.
Vrae word ook so saamgestel dat daar ’n goeie balans tussen basiese, gemiddelde en meer uitdagende vrae is. Dit bied aan leerders realistiese oefening wat die standaard en tipe assessering wat hulle op skool kan verwag, weerspieël en help hulle om beter voorbereid te wees vir toetse en eksamens.
